stamboomforum

Profiel van Cecilia Strauss

Informatie over Cecilia Strauss

Ek is opsoek na my voorouers van Rotterdam om my genetiese variegate porfirie/porphyria lyn op te spoor. Porfirie Suid Afrikaanse mutasie R59W

Arianje/Adriana/Adriaantje/Arijantgen Adriaansse Jacobs het op die skip China in Kaapstad gearriveer 4 Augustus 1688; sy was 18; saam met haar half-sister Willemijntje Ariens de Wit. Sy was 'n weesmeisie van die Gereformeerde Burgerweeshuis in die Goudse Wagenstraat, Rotterdam; gedoop in die Gereformeerde Kerk in Rotterdam; 25 Desember 1670.

Haar vader was Jacob die seun van Abraham (Jacob Abrahamse) en haar moeder Heiltjie die dogter van Arie (Heyltjie Ariens). Op die ouderdom van 5maande sterf Arianje se vader en op 8 jarige ouderdom sterf haar moeder. Sy word wees gelaat met die adres Geertruidenberg wat net 'den Berg' genoem is.

Sy trou met Gerrit Jansz van Deventer van Veldcamp in Nederlands wat na die Kaap gekom het. Gebore c1663 Deventer, Gelderland, Nederlands - Sterf 19 April 1728 (61-69?) Zoutendal, Stellenbosch, Kaapstad, Suid Afrika Hul is getroud 29 Oktober 1688 in Kaapstad.

Daar kon nooit vasgestel word wie het die porfirie na Suid Afrika gebring? van Deventer of Adriaantje Jacobs??

Ek wil graag my voorouers se inligting opspoor....

Enige terugvoering sal opreg waardeer word. Ek is bereid om vir die navorsing te betaal.

Cecilia Strauss

KwaZulu Natal

Suid Afrika


  • Cecilia Strauss is sinds woensdag 24 juni 2015 lid van het Stamboom Forum.
  • Cecilia Strauss heeft in de afgelopen 30 dagen geen bericht geplaatst.
Cecilia Strauss