Ek is opsoek na my voorouers van Rotterdam om my genetiese variegate porfirie/porphyria lyn op te spoor.
Arianje/Adriana/Adriaantje/Arijantgen Adriaansse Jacobs het op die skip China in Kaapstad gearriveer 4 Augustus 1688; sy was 18; saam met haar half-sister Willemijntje. Sy was 'n weesmeisie van die Gereformeerde Burgerweeshuis in die Goudse Wagenstraat, Rotterdam; gedoop in die Gereformeerde Kerk in Rotterdam; 25 Desember 1670. Haar vader was Jacob die seun van Abraham (Jacob Abrahamse) en haar moeder Heiltjie die dogter van Arie (Heyltjie Ariens). Op die ouderdom van 5maande sterf Arianje se vader en op 8 jarige ouderdom sterf haar moeder. Sy word wees gelaat met die adres Geertruidenberg wat net 'den Berg' genoem is.
Sy trou met Gerrit Jansz van Deventer van Veldcamp in Nederlands wat na die Kaap gekom het. Gebore c1663 Deventer, Gelderland, Nederlands - Sterf 19 April 1728 (61-69?) Zoutendal, Stellenbosch, Kaapstad, Suid Afrika
Hul is getroud 29 Oktober 1688 in Kaapstad.
Daar kon nooit vasgestel word wie het die porfirie na Suid Afrika gebring? van Deventer of Adriaantje Jacobs?? Ek wil graag my voorouers se inligting opspoor....
Enige terugvoering sal opreg waardeer word. Ek is bereid om vir die navorsing te betaal.
Byvoorbaat dankie
Cecilia Strauss
KwaZulu Natal Suid Afrika