Bron: "J.C. Kannemeyer, Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur "
Pg. 98
"'n Belangrike stimulus vir die Afrikaanse toneel in die twintigerjare is die besoek van 'n aantal Nederlandse en Vlaamse toneelspelers en voordragkunstenaars, soos Modest Lauwerijs, Louis de Vriendt, Jan Stultjes en Anton Verheyen. Dit is egter veral die aankoms in 1924 van die Nederlandse regisseur Paul de Groot wat 'n belangrike vernuwing in die Afrikaanse toneel bring. In 1926 stel De Groot in Potchefstroom die eerste beroepsgeselskap saam waarvan spelers soos Wena Naudé, Hendrik en Mathilde Hanekom, André Huguenet en Stephanie Faure lede is. Hierdie geselskap is nie alleen verantwoordelik vir die opvoerings van stukke soos Huistoe (Heimat van Sudermann), Oorskotjie (Scampolo van Niccodemi), Lenie, Die heks en Geleende geld (Et dukkehjem - Poppehuis - van Ibsen) nie, maar is ook tot 1929 - wanneer De Groot na Nederland terugkeer - die belangrikste leerskool vir Afrikaanse toneelspelers, selfs al het De Groot se Nederlandse uitspraak 'n nadelige invloed op sommige van sy spelers gehad en al lei sy regie tot 'n te bewustelike en teatrale vertolking van rolle. In 1929 kom die Klein Teater aan die Universiteit van Kaapstad tot stand en kry voornemende spelers die eerste keer die geleentheid om hulle deur 'n akademiese opleiding vir die toneel te bekwaam. Ná 'n kort periode met De Groot stig Hanekom in samewerking met sy vrou en Wena Naudé sy eie geselskap, wat heelwat op die platteland toer en stukke soos S.J. du Toit se Magrita Prinsloo en Oom Gawerjal se dogters en die stemregkoors (deur Hanekom self saamgestel) opvoer. Die oorgrote meerderheid Afrikaanse toneelstukke in dié jare is egter vertalings waaraan A.E. Carinus-Holzhausen 'n groot aandeel het.
Die werk wat hierdie eerste geselskappe in heel dikwels ontoereikende teaters met gebrekkige toneelgeriewe en oor groot afstande in die yl bewoonde platteland gedoen het, was belangrike pioniersarbeid waarop latere geslagte kon voortbou."
Bron: " Gids op rolprente in die Nasionale Film-, Video-, en Klankargief = Guide to films in the National Film, Video, and Sound Archives. Auteur:
National Film, Video, and Sound Archives (South Africa). Uitgever: Staatsargiefdiens, Pretoria, 1993" op Google Books

Bron: "Voetligte en applous! : die beginjare van die Afrikaanse beroepstoneel. Auteur:Danie Botha (Auteur). Uitgever: Protea boekhuis, Pretoria, 2006" op Google Books


D'r zijn nog wel meer boeken op Google Books te vinden met passage's over Plaat Stultjes en het bedoelde gezelschap.